Hugenote Laerskool skitter by Hugenote Hoërskool se Buitelugkonsert
ADVERTISEMENT
Hugenote Laerskool se kore het geskitter tydens Hugenote Hoërskool se buitelugkonsert! Hul afgeronde, energieke optrede het die duisende mense wat hierdie geleentheid bygewoon het bekoor en weereens die kollig op ons skool se uitnemendheid op kultuurgebied geplaas. Hul optrede saam met die bekende Bok van Blerk was ‘n hoogtepunt – vir elke kind wat hierdie geleentheid gekry het, maar ook vir die groot gehoor wat ons gemeenskap se kulturele rykdom, harmonie en samehorigheid ervaar het. Dit was voorwaar ‘n aand om te onthou!













