Paarl Skool se koor vir tweede jaar in ‘n ry gekroon as Wes-Kaap kampioen
ADVERTISEMENT
Paarl Skool se koor vir tweede jaar in ‘n ry gekroon as Wes-Kaap kampioen by die afgelope SASCE provinsiale koor Eistedfodd. Hulle neem deel in die afdeling vir spesiale skole. Wat hierdie koor so merkwaardig maak is hulle diversiteit en verskillende gestremdhede wat saam in harmonie musiek maak. Baie trots op ons koor, koorleier, Ronel van Dijk en begeleier, Anthea Norman. Baie sterkte vir die SASCE nasionale kampioenskappe volgende week in Randburg.













