Hugenote Laerskool kultuursterre skitter op Wes-Kaap verhoog
ADVERTISEMENT
Hugenote Laerskool is ongelooflik trots op ’n rekordgetal van VIER Hugenoters wat op provinsiale vlak stof in die res van die top Wes-Kaapse skole se oë geskop het. Ons skool spog met vier algehele kategoriewenners by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod!
Gia Lewis (gr.4) is die beste onvoorbereide leser in die provinsie, terwyl Dorothea Basson (gr.4) die beste voorbereide én onvoorbereide redenaar in haar ouderdomsgroep is. Malan de Villiers (gr.6) se kreatiewe skryfwerk het die trofee in hierdie kompeterende afdeling ingepalm en Philip Louw (gr.4) het vir die beste prestasie in gedramatiseerde voordrag gesorg.
Ons is baie trots op hierdie toneelspelers, kreatiewe denkers, voorlesers, redenaars en skrywers. Julle weerspieël ons skool se uitnemende gees!
![]()









