HTS John Vorster leerder presteer in Swem
ADVERTISEMENT
HTS John Vorster se eie Penny Heyns! Baie geluk aan Ella-Mae Henning wat die afgelope naweek aan die SA National SC-kampioenskappe in Pietermaritzburg (Seals Swim Centre) deelgeneem het. Sy het baie goed gevaar en het tussen 79ste en 100ste geplaas in haar items. Daar het algeheel 567 swemmers deelgeneem. Selfs swemkampioen, Chad le Clos, was daar te sien. Ons is trots op jou Ella-Mae! Hou so aan!










