HS Witteberg dogterskrieketspan sluit liga op ‘n hoë noot af
ADVERTISEMENT
Dogterskrieket seëvier oor BVHS
Hoërskool Witteberg se dogterskrieketspan het in hul laaste ligabepaling kragte gemeet teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool se dogterspan.Witteberg wen die loting en stuur vir Voortrekker in om eerste te kolf. Voortrekker word beperk tot 84 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in die gegewe 20 beurte.
Met die bal in die hand het Ziané Lottering van die veld af gestap as die uitblinkbouler van die dag. Sy neem 3 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 17 lopies af. Witteberg se kolwers het met baie bravade die veld betree en die 85 lopies wat benodig was vir die wen in slegs 12.5 beurte behaal.
Leozé Lottering stap weereens van die veld af as die beste kolwer van die dag met haar 32 lopies van 29 balle. Witteberg klop die Trekkers dus met 4 paaltjies.













