Hoërskool Zwartkop muurbalspelers is vuur en vlam
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop muurbalspelers het onlangs aan die Top Schools Toernooi te Pietermaritzburg deelgeneem. Hierdie toernooi is vanjaar vir die 39ste keer gespeel tussen die beste seuns en dogters muurbalspanne van skole in elkeen van die 8 provinsies. Die skole word in 2 poele van 4 verdeel volgens die 6 spelers se rangorde in die land as individuele spelers. Elke span speel dan die 3 wedstryde in die poel deel waarna daar oorkruis gespeel word teen die ander poel in ‘n Semi- en ‘n Finaal. In totaal dus 5 wedstryde.
Die uitslae is as volg:
DAG 1
Wedstryd 1 : Hoërskool Zwartkop wen teen Selborne College met 17 – 3
Wedstryd 2: Hoërskool Zwartkop wen Bishops met 20 – 1
DAG 2
Wedstryd 3: Hoërskool Zwartkop wen Michaelhouse College met 20 – 1
Semifinaal: Hoërskool Zwartkop wen St Andrews Bloemfontein met 20 – 2
DAG 3
Finaal: Hoërskool Zwartkop wen teen KES King Edward School met 17 – 4
Die Zwarries is dus vir die tweede jaar in ’n ry die beste seuns muurbalspan in die land!











