Hoërskool Zwartkop soliste word vereer by die Pretoria Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Zwarrie soliste vereer by Pretoria Eisteddfod. Twee van ons soliste is Sondag 8 Junie, vereer vir hulle uitnemende talent by die gala geleentheid van Pretoria Eisteddfod. Dedré de Clercq het die toekenning vir Beste Gospel item in die senior afdeling ontvang, terwyl Juanique Muller die toekenning vir die beste Afrikaanse lied in die senior afdeling ingepalm het.
Hierdie soliste werk baie hard en ons is baie trots op hulle. Welgedaan Zwarries!












