Hoërskool Zwartkop Oud-Zwarrie word so ampertjies ’n miljoenêr
ADVERTISEMENT
Die gewilde vasvra-program Wie word ’n Miljoenêr wat Woensdagaande op kykNET uitgesaai word, het op 12 Januarie sy jongste deelnemer nóg op dié gewilde program verwelkom – Almé Hugo, ’n oudleerder aan die Hoërskool Zwartkop. Almé het uitstekend gevaar en het selfs die hulp van haar Engels onderwyser, mnr. Mauritz Lübcker ingeroep met die hulplyn Bel ’n Pel toe sy met een van die vrae vasgebrand het.
Sy het al die pad tot by R40 000 gevorder waarna sy ongelukkig op die R65 000-vraag vasgeval het. Almé se algemene kennis ken geen perke nie. Sy het ook aan programme soos Blitsbrein Junior en Op die Spel deelgeneem. Die Zwarries is baie trots op hierdie oud-leerder wat haar Alma Mater se naam steeds hoog hou.
Almé Hugo










