Hoërskool Zwartkop muurbalspelers gaan S.A.’s toe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop muurbalspelers gaan S.A.’s toe. Hoërskool Zwartkop spog met 3 muurbalspelers wat deurgedring het om by die S.A.-kampioenskappe te gaan deelneem. Op 23 Julie het Juan Corné Brand, Luhann Groenewald en Chanté Leppan aan die 2022 o.15, o.17 en o.19 Growthpoint S.A. National Regionals, deelgeneem. Hierdie leerders sal op 1 tot 4 September by die V&A Waterfront in Kaapstad aan die Nasionale finale deelneem. Juan Corné Brand is egter o.14 en sal o.15 deelneem. Chanté Leppan is o.15 wat aan die o.17 kompetisie gaan deelneem en Luhann Groenewald is ‘n o.16 speler wat o.17 deelneem. Luhann is ook gekies vir die SA span wat aan die o.19 Wêreldkampioenskappe te Frankryk gaan deelneem.

Chanté Leppan

Luhann Groenewald (links), Juan Corné Brand (regs)









