Hoërskool Zwartkop leerder deur na die nasionale rondte van die Procenium drama kompetisie
ADVERTISEMENT
Nicola Donaldson, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Zwartkop, het onlangs deurgedring na die nasionale rondte van die Procenium drama kompetisie. As een van die top 16 kandidate op nasionale speelvlak het sy gekwalifiseer vir die voorlaaste rondte, waar sy drie professionele oudisies afgelê het, naamlik RSG, Overklank en Suidooster. Hier is sy deur Overklank as stemaktrise vir ‘n televisiereeks gekies.
Ons hou haar blink toekoms met trots en afwagting dop










