Skaak prestasie vir Laerskool Wierdapark
ADVERTISEMENT
Laerskool Wierdapark deel vanjaar die algehele 2de plek saam met Laerskool Constantiapark en Laerskool Menlopark. Die seniors het ’n uitstekende 1ste plek behaal en ons juniors ’n baie mooi 5de plek.
Junior Bordwenners
- Bord 8 – Agnar Burger
- Bord 6 – Yutami Visser
Senior Bordwenners
- Bord 10 – Ruan vd Westhuizen (gedeel)
- Bord 9 – Reinhardt Langeveld (gedeel)
- Bord 7 – Derek Olivier
- Bord 6 – Janu Jooste
Baie geluk aan elke Wierie wat ons skool met trots verteenwoordig het. Julle harde werk, spanwerk en deursettingsvermoë maak die Groen Kampioen baie trots!












