3 Formidabele aktrises en hul uitstekende verhoogbestuur kom loer in by Hoërskool Framesby
ADVERTISEMENT
Wat n voorreg om 3 formidabele aktrises en hulle uitstekende verhoogbestuurder by Hoërskool Framesby te kon verwelkom. Die middag is afgeskop met n gesprek met H/s Framesby se dramaleerders, waarin hulle bietjie meer oor Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm en Ilne Fourie se loopbane en ondervinding kon uitvind. Daarna het die leerders insiggewende vrae oor toneelspel en die industrie gevra en baie baat gevind by die gesprekke rondom dit. Die aand het die gehoor van 255 gelag dat die trane rol oor die drie laerskool juffrouens se manewales en maniërismes. Dit was ‘n prettige kultuur hoogtepunt op ons kalender.













