Hoërskool Zwartkop lanlopers hardloop NWU aan die brand
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Zwartkop landlopers het puik presteer tydens die NWU-finaal. Chanene Barnard eindig 1ste in die junior dogterswedloop en Amé Changuion behaal ‘n 3de plek. Die Zwarries se Junior dogters is algeheel 1ste terwyl die Junior seuns ‘n 2de plek behaal. Beide die Senior dogters en -seuns plaas algeheel 4de. Hoërskool Zwartkop ontvang dan ook die Junior spantrofee en die algehele spantrofee.













