HTS Tom Naudé landloopatlete neem deel aan die SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
SA Kampioenskappe by die Vaal University of Technology in Vanderbijlpark. 4 van HTS Tom Naudé se landloopatlete deelgeneem aan die SA Kampioenskappe by die Vaal University of Technology in Vanderbijlpark. Kelebogile Mathekga B o.14, Lesedi Manaka B o.16, Tswiki Manamela B o.16 en Kutullo Sekokotla B o.17 het baie goed gevaar ten spyte van die feit dat hulle in groot groepe moes begin.
Hulle het die seisoen afgesluit met hul beste vertonings.Kutullo Sekokotla se vertoning verdien vermelding met sy tyd van 20:06 in die 6km S o.17. Met sy 43ste plek uit 111 deelnemers het hy ‘n gemiddelde tyd van 3min30sek per km gehandhaaf. Hy het 3de geëindig van al die Limpopo atlete. Well done Tommies!
Kelebogile Mathekga, Kutullo Sekokotla, Tswiki Manamela, Lesedi Manaka
Die o.16 meisies wat Limpopo verteenwoordig by Noordvaal. Eindig 2de.
Katelyn Labusschagne, Erandi Cillier, Lehandri Jacobs, Tharia Collins, Ansonel Venter (Afrigter).










