Hoërskool Volksrust speel tennisrondomtalie
ADVERTISEMENT
Die afgelope kwartaal het die tennisballe weer geklap op Hoërskool Volksrust se tennisbane. Daar is heerlik sosiale tennis gespeel. Dankie aan juffrou Magudulela wat ook ‘n pad met die beginners stap. Tennis is ‘n mooi sport wat ons graag by ons skool wil ontwikkel en koester Baie geluk aan juffrou Carien Uys en mnr. Tiaan Koekemoer wat die finale gewen het. Die naaswenners was Juffrou van der Merwe en Matthew Mac Donald. Die derde en vierde plek het ook ‘n pryse gewen. Baie geluk aan Divan en Dawid, asook juffrou Rossouw en Keegan .Sterkte aan die matrieks wat nou moet rekordeksamen skryf. Kom slaan maar ‘n paar balle saam met die res as die spanning te veel word.













