Hoërskool Volksrust het die beste personeel
ADVERTISEMENT
Noudat al die leerders erkenning gekry het vir hulle pragtige uitslae, is dit tyd om Hoërskool Volksrust se personeel geluk te wens met húlle uitslae. Ms Rina Erasmus achieved a total of 16! distinctions with her Afrikaans First Additional Language learners. Besigheidstudie beleef ʼn wonderlike jaar en mnr. Wimpie du Plessis en sy leerders behaal 9 onderskeidings. Me. Marinda Smit en haar Wetenskap leerders behaal ook 9 onderskeidings en so-ook me. Bianca Joubert en haar Lewenswetenskappe leerders.
English Home Language achieved 7 distinctions and we are sure that Ms Dladla is extremely proud of her learners. English First Additional Language spog ook met 7 onderskeidings en ʼn gemiddeld van amper 70% waarop me. Marika Rossouw baie trots kan wees. Wiskunde, Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie en Lewensoriëntering behaal 6 onderskeidings. Wiskundige Geletterdheid behaal 3 onderskeidings. Landbouwetenskap behaal 2 onderskeidings en Landboutegnologie, Toerisme en Informasie Tegnologie behaal elk 1 onderskeiding. Baie geluk aan elkeen van ons matriekpersoneel met uitstekende uitslae.
Ms Rina Erasmus










