Hoërskool Volksrust bied die 2022 Amajuba Sportweke aan
ADVERTISEMENT
Na 2 jaar van Sport droogte, was dit vir Hoërskool Volksrust weereens ‘n voorreg om ons jaarlikse Amajuba Sportweke te kon aanbied. Eenduisend seshonderd drie en vyftig leerlinge het gesamentlik ons Senior en Junior Netbal, Hokkie en Rugby weke besoek. Daar was in totaal 24 skole wat deel uitgemaak het van die weke. Dit was vir ons ‘n voorreg om gashere te kon wees vir elke kind en afrigter wat hier was. Die verskillende sportsoorte het elk spesialis afrigting gekry van top Spesialis afrigters wat aangewys was. Spesialis skeidsregters van die PUMA’S het elke rugbywedstryd professioneel en regverdig hanteer. Volkies personeel het weereens bewys waarvan hulle gemaak is. Saam het hulle die vrugte van hul harde werk gepluk.
Spanwerk maak van ons Sportweke ‘n groot sukses, maar sonder ons borge, wat altyd onbaatsugtig hul hande vir ons oopmaak, sal ons dit nie kan doen nie. Daarom wil ons ons waardering aan elke persoon en instansie gee vir die sukses van 2022 se ASW. ‘n Spesiale dank aan ons Hoofborg, Mnr. Marius Lombard van PSG-Kenak Versekering wat die afgelope paar jaar tot ons sukses bydrae.
Ek haal graag ‘n deel van ‘n skrywe aan wat ons ontvang het van Dave en Donna van “I am Second Africa” wat die afgelope paar jaar diep spore by ons ASW trap : “From the moment we stepped foot back on School soil, we were welcomed back as family. That in itself goes so far. To see players, parents, coaches and staff interacting and participating together as one was something I believe every heart in attendance needed after these difficult years and will certainly provide much needed fuel to continue for some time to come. We pray for increase over you, your family and your staff”.
Ons wens ons sport spanne die beste toe vir die seisoen wat voorlê en ons kan nie wag om volgende jaar weer ‘n suksesvolle Sportweek aan te bied nie. Eenkeer ‘n Volkie, altyd ‘n Volkie. ~me. Junida Coetzee~











