Hoërskool Upington netbalspanne deur na SA’s
ADVERTISEMENT
Uppies se netbalspanne het uitstekende netbal gespeel tydens die Provinsiale Uitspele wat op Uppie Park aangebied was. Al vier ons spanne het tweede geëindig in die Noord-Kaap en al vier spanne gaan deur na SA’s! Ons is regtig baie trots op julle meisies en afrigters. Uppies is dan ook die enigste skool in die Noord-Kaap waarvan AL VIER SPANNE wat ingeskryf was, deurgaan SA’s toe. Baie baie geluk, Uppies!!

















