Hoërskool Swellendam leerders woon die ATKV Jeugberaad by
ADVERTISEMENT
Gedurende die vakansie het 3 van ons graad 11 leerders, Anine Dreyer, Mila Venter en Tallulah Geils die ATKV Jeugberaad by die Goudini Spa in Worcester bygewoon. Dit was ‘n geleentheid vir hierdie drie dames om nié net te hoor van leierseienskappe en die gereelde, “Hoe om ‘n leier te wees”-praatjies nie. Hulle het ook meer inligting ontvang oor huidige kwessies wat in ons
land plaasvind, soos byvoorbeeld die stygende inflasiekoers en die korrupsie wat onder ons eie neuse gebeur.
Bemarking en entrepreneurskap was ook twee van die verskeie onderwerpe wat met die 17-jariges behandel is. Hulle het elke dag 3 uur vryetyd gekry waar hul die geriewe van die Goudini Spa kon geniet, soos die warmwater swembaddens en die restaurante. Hierdie Swellies het ‘n 10/10 ervaring hierdie Junie-vakansie beleef en los voetspore vir baie meer Swellies om in die komende jare te volg.
![]()










