Hoërskool Montana kondig VLR-lede vir 2026 aan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Montana se Senior VLR-lede van 2026 het tydens ‘n spoggeleentheid hul Erekode onderteken in die teenwoordigheid van hul ouers. Daarna is die Uitvoerende Komitee vir 2026 aangekondig:
PRESIDENTE:
- Luan Barnard
- Inge de Clerk
VISE-PRESIDENTE:
- Jean-Jacques Prinsloo
- Van Zyl Venter
- Waldo Wessels
- Jennieke Alberts
- Nicole Els
- Viné Nel
Baie geluk aan elke VLR-lid! Sterkte met die groot taak wat aan julle opgedra is. Mag die komende jaar vir elkeen van julle ‘n geleentheid wees om te groei tot die beste weergawe van julleself. Die Monties is trots op julle en sien uit daarna om te sien watter verskil julle gaan maak. Mag julle integriteit ‘n blywende impak hê, in jul eie lewens en dié van jul mede-leerders. Dankie ook aan die uittredende presidente, Dirk Coetzee en Lisa van Sittert, vir die oorhandiging van die septers en die inspirerende boodskappe wat aan die VLR-groep gerig is.
![]()










