Hoërskool Swartland se o.15B krieketspan uitslae
ADVERTISEMENT
Swartland se o.15B-krieketspan het vandag hul seisoen afgesluit met nog ‘n goeie oorwinning. Hulle het teen Longacres gespeel. Swartland kolf eerste. Met die telling op 0/2, het die manne min hoop gehad, tot Rikus van Zyl en Ewan Kotze na die kolfblad gestap het. Hulle deel ‘n vennootskap van 121 lopies vir die 3de paaltjie. Ewan Kotze eindig op 50 lopies nie-uit-nie en Rikus van Zyl met 55 lopies nie-uit-nie. Stephan Robertson neem 6 van hul 10 paaltjies om Longacres te beperk tot 87 lopies. Swartland wen dus hierdie wedstryd met 34 lopies. Wat ‘n wonderlike manier om die seisoen mee af te sluit! Welgedaan!















