Hoërskool Swartland se jaarlikse “6-a-side”-krieketkompetisie ‘n reuse sukses
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 16 September, het 8 spanne van Malmesbury die geleentheid gekry om mekaar op die krieketveld aan te durf in Hoërskool Swartland se jaarlikse “6-a-side”-krieketkompetisie. Die reën het mooi saamgespeel en aan die einde van die dag kon die “Royal Strikers” as die wenners aangekondig word. Hulle het in die finaal teen LSS te staan gekom.
- 3de plek: FFS
- 4de plek: Mecano Superkings
- 5de plek: Nova
- 6de plek: 12 Fine Legs
- 7de plek: Endgame
- 8ste plek: Uitnodigingspan
Vangskoot van die dag: Robert Oosthuizen. Boulers van die dag: Martin Dyason en Nollie Bestbier, Kolwer van die dag: Andru Serdyn
Dankie aan Mnre. Deon Engelbrecht, Frank Myburgh en Jacques Brits vir die trofees. Baie dankie aan al ons borge van die dag: Ultra Liquors Malmesbury, Darling Romery, Caltex Garage, Hill View Malmesbury, @AT’S, Swartland Joernaal, Cell C Malmesbury, Darling Brew, Malmesbury Groothandel Kwekery, OK Minimark Malmesbury, Swartland Winery. Ons sien uit na die volgende kragmeting op die krieketveld.
















