Hoërskool Swartland o.15B krieketspan uitslae
ADVERTISEMENT
Swartland se o.15B-krieketspan het op die 5de Februarie vir Hoërskool Hopefield die stryd aangesê in ‘n T20. Hopefield kolf eerste en teken 40 lopies aan. Liam Campbell neem 3 paaltjies. Ons kolwers benodig 7 boulbeurte om die wentelling aan te teken. Swartland wen die wedstryd met 8 paaltjies! Wat ‘n belewenis!












