Hoërskool Swartland jaarlikse Oakdale rugbytoernooi
ADVERTISEMENT
Die o.19A rugbygroep is op pad Oakdale toe vir die jaarlikse Oakdale rugbytoernooi. Ons rugbymanne en afrigters is baie opgewonde en sien uit om ons dorp, skool en borge trots te maak. Die eerste wedstryd vind môre, 21 Maart, plaas om 15:20 teen Hoërskool Lichtenburg.
Baie dankie aan die volgende borge:
- BKT en Tubestone wat die hoofborg van ons o.19A span is. Baie dankie vir ons volle drag.
- Baie dankie aan Health World Gym and Fitness Centre vir die borg van die toerkeppies.

Hoërskool Swartland o.19 rugbyspan het hul eerste wedstryd van die toernooi gespeel teen Hoërskool Lichtenburg in die hitte van Riversdal. Die manne se gees was hoog, en hul stap met ‘n 20-19 wen weg. Baie dankie aan al die ouers wat moeite gemaak het om ook deur te ry en hul seuns te ondersteun. Ook ‘n groot dank aan ons o19 rugbyspan se borge – BKT, Tubestone, Health World Gym en Fitness Centre. ‘n Goeie begin!
















