Hoërskool Framesby Atlete maak hul stem dik by Zone en ASA op Liga 7 byeenkoms
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby het die Zone 3 byeenkoms totaal gedomineer en die volgende praguitslae
behaal:
81 x 1e plekke
58 x 2e plekke
35 x 3e plekke
125 atlete dring ook die komende naweek deur na die PE Hoërskole Atletiekkampioenskappe by NMU.
By die 7e ASA OP-Liga byeenkoms het die hamergooifabriek van Charlie Koen soos oudergewoonte uitstekende prestasies opgelewer. Lincoln Kunneke (S16) het ‘n ongelooflike afstand van 52.00m gegooi wat hom ’n allemintige 932 APE-Tabelpunte gee. Bjorn Visser (S16) het op sy beurt ook ‘n kwalifiserende afstand van 43.69m gegooi en 858 APE-Tabelpunte behaal. Elmé Vemaak (D16) het
‘n baie goeie tyd in die 1500m hindernis gehardloop en so haar plek in die OP-span met ‘n kwalifiserende tyd bespreek. Die paalspringatlete, van afrigter Juan van Eyk, het ook baie goeie prestasies gelewer met Kayden Thoressen, Inge van Eyk en Tiané Slabbert wat goeie kwalifiserende hoogtes gespring het.
Die volgende resultate is behaal:
1e plekke
- Tiané Slabbert, D16, Paalspring
- Chaniya Kotze, D16, Gewigstoot
- Elmé Vermaak, D16, 1500m Hindernis
- Tamlyn Heyman, D16, Diskus
- Annree van Zyl, D18, Paalspring
- Esri le Grange, D18, Gewigstoot
- Inge van Eyk, D20, Paalspring
- Kayden Thoressen, S16, Paalspring
- Lincoln Kunneke, S16, Diskus
- Lincoln Kunneke, S16, Hamergooi
- Lincoln Kunneke, S16, Diskus
- Ben Nothnagel, S16, 1500m Hindernis
- Jano Janse van Vuuren, S16, Verspring
- Dylan Wannenburg, S18, 2000m Hindernis
2e plekke
- Micaela Potgieter, D16, Paalspring
- Tamlyn Heyman, D16, Hamergooi
- Minke van der Merwe, D16, 400m
- Karli Louw, D16, 1500m
- Ilke Wolmarans, D18, 800m
- Anel Conradie, D18, 100m Hekkies
- Kylie Klaasen, D18, Paalspring
- Kylie Klaasen, D18, Hoogspring
Matthys Potgieter, S18, Paalspring
3e plekke
- Minke van der Merwe, D16, 200m
- Esri le Grange, D18, Hamergooi
- Jano Janse van Vuuren, S16, 100m













