Hoërskool Ermelo rugby in MPU-finaal
ADVERTISEMENT
Errie-rugbyspanne wen Mpumalanga-finaal
Op Saterdag 10 Junie het drie van die Erries se spanne in die Mpumalanga-finale uitspele vir die groot skole-liga gespeel.
Die o.15A-span het te staan gekom teen Hoërskool Piet Retief en het vroeg die oorhand gehad in die wedstryd. Die eindtelling is 28 – 7 in die Erries se guns.
Die o.16A-span se telling was teen halftyd 10 – 24 vir hul teenstanders, HTS Witbank. Die Erries het egter tydens die tweede helfte uitstekende rugby gespeel en na die eindfluitjie reeds geblaas het, het die Erries ’n strafskop verdoel en beklink die wedstryd met 27 – 24.
Die Hoërskool Ermelo TWK Eerste rugbyspan het teen Hoërskool Rob Ferreira gespeel. Hierdie wedstryd het ook getuig van goeie spel en die spanne was baie kompeterend. In die doodsnikke van die stryd het die Erries die wendrie gaan druk en die telling was 20 – 17 in die Erries se guns.
Hoërskool Ermelo is besonder trots op hierdie drie spanne wat as Mpumalanga-kampioene aangewys is. Baie geluk aan die EHS-rugby met pragtige rugby en sterkte met die Noordvaal-uitspele wat voorlê.
Hoërskool Ermelo rugby in MPU-finaal
Foto’s: Spanfoto: Die Hoërskool Ermelo TWK Eerstespan rugby spog trots met die trofee.
1: Riaan Jansen van Rensburg
2: Carel Jacobsz
![]()
3: Louis Roulliard










