Hoërskool Rustenburg o.14 A’s is Noordvaal wenners
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die o. 14A-hokkiedogters wat loshande die titel as Noordvaal-Wenners op die hokkieveld gewen het. Hierdie is ‘n 1ste vir RHS en ons bars uit ons nate uit van trots op hierdie ongelooflike prestasie! Rustie-hokkie is beslis. Goed Beter Rusties en is altyd besig om hoër hoogtes te bereik. Die toekoms van Rustie-hokkie is in goeie hande! Baie geluk, meisies!

Agter l.n.r. Diandi Kruger (afrigter), Jana Gryzenhout, Mie-Anne Prinsloo, Limay Coetzer, Jenilee du Toit, Marteney Engelbrecht, Jessica Robberts, Anke Jankowitz, Zaylee van Jaarsveld, Deidre Wepener. Voor l.n.r Anja Vermaak, Carla Breitenbach, Jessica Huyser, Rihani Botha, Ivanke Strydom, Mia Vera de Gouveia Farinha, Renette Kruger (afrigter). Juane Janse van Vuuren (Goalie)









