Hoërskool Overkruin hokkiedogters is gekies om die Northerns-spanne te verteenwoordig
ADVERTISEMENT
Hoërskool Overkruin is ongelooflik trots om aan te kondig dat vier van ons talentvolle hokkiedogters gekies is om die Northerns-spanne te verteenwoordig! Tshiamo Thwane en Khumoetsile Mothoagae is onderskeidelik in die o. 14C- en o. 14A-span opgeneem. Kagiso Letsoalo is gekies vir die o. 16C-span alhoewel sy nog o. 15 is. Boipelo Mazwi het haar plek in die o. 18B-span verwerf. Hierdie prestasies is ‘n bewys van hul harde werk, toewyding en passie vir die sport. Ons wens hulle alle sukses toe in hul komende wedstryde en toernooie. Julle maak ons almal trots!

Op die foto vlnr:Tshiamo Thwane, Boipelo Mazwi, Kagiso Lesoalo, Khumoetsile Mothoagae









