Hoërskool Oos-Moot akrobaat verwerf Gauteng kleure in vlak 9
ADVERTISEMENT
Amelia Botha leerder va Hoërskool Oos-Moot het op 29 Mei 2025 deelgeneem aan die Gauteng Noord Akrobaat Kompetisie. Sy verwerf haar Gauteng Noord kleure in vlak 9. Amelia behaal ‘n perfekte 10.00 wat dan ook die hoogste punt op die vlak is. Hierdie is ‘n uitsonderlike prestasie, ons weet dit verg baie ure se oefening en dissipline. Ons is baie trots op jou Amelia.
Baie sterkte met jou voorbereiding vir die 16de Junie waar jy aan Gauteng gaan deelneem. Ons weet dit sal baie goed gaan.











