Laerskool Witpoort leerders deur na die Noord-Gauteng Kampioenskappe vir akrobaat
ADVERTISEMENT
Aninke Labuschagne en Lirie Opperman van Laerskool Witpoort het op, Saterdag 9 Mei, aan die ASSA “East Region Championships” akrobaat deelgeneem. Albei dogters dring deur na Noord-Gauteng Kampioenskappe waar hulle op die 22ste Mei weer sal deelneem. Baie geluk met julle uitmuntende prestasies! Witpoort is trots!










