Gevegskuns prestasie vir Curro Langebaan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Liam Lottering met sy uitstekende prestasie by die Cape Combat League 2 wat die afgelope Saterdag in Cape Town plaasgevind het. Liam het ’n goue medalje verower in Gi Grappling in die 7-9 jaar, 21-24kg afdeling.
Hy het ook deelgeneem in ’n ouer en swaarder afdeling in No Gi Grappling, 9-11 jaar, 24-30kg, waar hy nóg ’n goue medalje ontvang het. Curro Langebaan is ongelooflik trots op jou harde werk, deursettingsvermoë en uitstekende prestasie.










