Hoërskool Noordheuwel hokkiespelers presteer by die SA Skole o.18 IPT’s
ADVERTISEMENT
Wat ‘n ongelooflike prestasie deur Hoërskool Noordheuwel-verteenwoordigers tydens die SA Skole O/18 IPT! Baie geluk aan die Dogters O/18B-span wat die B-afdeling gewen het en sodoende bevordering na die A-afdeling vir 2027 verdien het. Julle harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk het vrugte afgewerp – ‘n prestasie waarop elkeen ongelooflik trots kan wees!
‘n Spesiale gelukwensing aan Mnr. Murray Hansen, wat as Hoofafrigter van die span aangewys is en die span met uitstekende leiding na hierdie besondere sukses gelei het. Ons is ongelooflik trots om jou as die afrigter van ons eie Noordheuwel O/16A-span te hê.
Baie geluk ook aan ons Noordheuwel-dogters wat hul skool met onderskeiding verteenwoordig het:
- Abbigail le Clus
- Leané Buckle
- Calista Scholtz
- Mia Vera de Gouveia Farinha (Aangewys as onderkaptein)
As bewys van hul uitmuntende bydrae het ons Noordheuwel-spelers 9 van die span se 10 doele aangeteken, met Mia Vera de Gouveia Farinha wat ‘n indrukwekkende 5 doele aangeteken het. ‘n Werklik besondere prestasie! Ons bars van trots op elke speler en afrigter wat Noordheuwel met integriteit, passie en trots verteenwoordig het. Julle is uitstekende ambassadeurs van ons skool en ‘n inspirasie vir die jonger geslag Nories wat volg.














