Hoërskool Nico Malan se tennis groei elke jaar
ADVERTISEMENT
Die volgende leerders het die vooreg gehad om te gaan kompeteer teen die land se top tennis skole in die 2022 se weergawe van Boland Landbou se o.15 tennistoernooi. Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers. Nico Malan se tennis groei elke jaar. Dankie coach D. Dreyer, ouers en onderwysers asook mnr. Conradie wat saam getoer het. Ons waardeer die ure wat ingesit word.
- Elandre van Loggerenberg (3 wenne)
- Dawid Vermaak (6 wenne)
- Jayden Olivier (3 wenne)
- MC Ferreira (5 wenne)
- Ruan du Preez (3 wenne)
- JM Pieterse (5 wenne)
- Cole Strydom (2 wenne)
Die volgende skole het deelgeneem:
- Paul Roos
- Paarl Gimnasium
- Boland Landbou
- Menlo Park
- Midstream college
- Durbanville
- Pearson
- HJS
- Oakdale
- Nico Malan
- Stellenbosch
- Hugenote
Die skole was in twee groepe van 6 skole elk ingedeel. Die posisie waain jy beland het in jou groep het bepaal teen wie jy in die laaste wedstryd gaan uitspeel vir posisie. Elke kragmeting bestaan uit 6 enkels en 3 dubbels met die formaat as ‘n “pro set” (eerste tot 8 potte, 7 elk n “tie-breaker”). Elke wedstryd is 1 punt werd m.a.w elke kragmeting bestaan uit 9 punte/wedstryde.Ons bevind onsself in ‘n baie tawwe groep.
Resultate lei as volg:
- Verloor teen Durbanville 4 – 5 (Finale bepalende wedstryd eindig in ‘tie-breaker” 7/9
- Verloor teen Paul Roos 9 – 0 (Paul Roos is tans nommer een in die land)
- Verloor teen Midstream College 2 – 7 ( verloor een van die 7 verlore in ‘n “tie-break”)
- Verloor teen Paarl Gimnasium 2 – 7 ( Dawid Vermaak en Ruan du Preez wen hul enkels teen die algehele derde plek houer Paarl Gimnasium se nr 2 en 5)
- Verloor teen Oakdale 4 – 5 (JM verloor ongelukkig is bepalende enkel 7-9 in die “tie – breaker)
- Wen Stellenbosch 9 – 0 en eindig dus 9de van die 12 skole.
Met bietjie meer geluk aan ons kant kon ons ‘n paar plekke opgeskuif het. Finale Posisies:
- Paul Roos
- HJS
- Paarl Gim
- Boland Lanbou
- Menlo Park
- Midstream College
- Durbanville
- Pearson
- Nico Malan
- Stellenbosch
- Oakdale
- Hugenote

Foto: JM Pieterse,Ruan du Preez, Elandre van Loggerenberg en Cole Strydom.
Voor:Jayden Olivier, mnr. Renardo Conradie, Dawid Vermaak en MC Ferreira









