Hoërskool Montana se trommajeur maak naam
ADVERTISEMENT
Nathan Green van Hoërskool Montana is al vir 9 jaar trots deel van die Crusaders Kerskoor, ’n organisasie wat fokus op die bevordering van kultuur en tradisie en wat vanjaar hul 78ste bestaansjaar vier. Van kleins af dien Nathan as trommajeur vir sy marsjeerorkes en in 2026 neem hy weer die leiding as trommajeur van die junior marsjeerorkes. Benewens sy leierskap bespeel hy ook die trompet.
Tydens ‘n naweek vroeër vanjaar het Nathan ’n derde plek in die streek se unie-kompetisie behaal, terwyl sy marsjeerorkes eerste plek ingeneem het en ook as die algehele wenners aangewys is. As ekstra erkenning vir sy styl en aanbieding stap Nathan ook weg met die titel “Best Dressed Drum Major” in sy afdeling.










