Hoërskool Montana Pretoria het aan die SA Reserwebank Monetêre Beleidskomitee deelgeneem
ADVERTISEMENT
Hoërskool Montana het vanjaar vir die tweede keer aan die SA Reserwebank Monetêre Beleidskomitee Skole Uitdaging deelgeneem. Groot opgewondenheid het geheers toe hulle die top 12 finaliste gehaal het. Baie geluk aan Atlegang Rakgatla, Dunwan Brits, Jason Venter, Gerrit Venema, en me. Liza van Niekerk wat ‘n indrukwekkende derde plek uit 145 skole landswyd behaal het. Ons is ongelooflik trots op julle en hierdie uitstaande prestasie!
Baie geluk aan Atlegang Rakgatla, Dunwan Brits, Jason Venter, Gerrit Venema en juffrou Liza van Niekerk wat ‘n uitstekende derdeplek uit 145 deelnemende skole landswyd behaal het. Ons is ongelooflik trots op julle! Die leerders ontvang elk R12 000 kontant, die skool ontvang R21 000 kontant en juf. Van Niekerk ontvang ‘n skootrekenaar. Baie geluk met hierdie groot prestasie. Ons bars van trots!










