Hoërskool Montana Pretoria leerders vaar puik by die Biathle SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Stiaan Buys en Pippa Snyman leerders van Hoërskool Montana Pretoria het uitstekende prestasies gelewer by die Biathle SA Kampioenskappe, met Stiaan wat agste en Pippa wat tiende geëindig het. Hul indrukwekkende uitslae het vir hulle die geleentheid gebied om aan die Biathle Wêreldkampioenskappe in Port Said, Egipte, op 10 Oktober deel te neem.
Baie geluk aan beide, en sterkte met jul voorbereidings om Suid-Afrika op die wêreldverhoog te verteenwoordig! Die Monties is baie trots op julle! 5. MONTIE CHEERLEADERS ONTVANG GAUTENG-KLEURE Baie geluk aan ons Montie cheerleaders wat tydens die GMCA-proewe hul Gauteng-kleure verwerf het. Julle harde werk en toewyding het werklik vrugte afgewerp. Welgedaan! ‘n Spesiale applous aan: Daylan Smuts, Claudette Malan, Ané Strydom, Neané Engelbrecht, Divan van Rooyen, Delarey Nel, Liam Varrie, Abigail Stols










