Hoërskool Martin Oosthuizen produseer uitstekende sportsterre
ADVERTISEMENT
Hoërskool Martin Oosthuizen produseer uitstekende sportsterre. Die afgelope naweek het Hoërskool Martin Oosthuizen weereens bewys die sterkste gif kom in die kleinste botteltjies. Drie 0.18-rugbyspelers is gekies vir die finale rondte van die Griekwaland-Wes Plattelandspan-proewe. Ons is baie trots op Enrico Gagiano, Izak van Niekerk en Renier Ferreira.
Die netbalmeisies het ook geskitter en vier is opgeneem in die ZFM-span vir deelname aan die finale Robynspan-proewe. Baie geluk aan Kelly-Ann Bartlett, Marcell Schreuder, Connie Cpringbok en Greta Steenkamp. Albei hierdie proewe vind later in die kwartaal plaas. Ons hou asem op en duim vas vir hierdie leerders!
Enrico Gagiano, Izak van Niekerk, Renier Fereira
Kelly-Ann Bartlett, Marcell Schreuder, Connie Springbok, Greta Steenkamp










