Laerskool Stellenbosch leerders skitter in sport
ADVERTISEMENT
Binnenshuise Boland-Hokkiespanne. 10 van Laerskool Stellenbosch se spelers is gekies om Boland in die PSI Nasionale binnenshuise hokkie-toernooi te verteenwoordig. Die toernooi vind gedurende Junie in Kaapstad plaas. Baie geluk. Julle maak ons trots.

Boland Hokkie: Baie geluk aan die volgende spelers wat vir die onderskeie Boland-hokkiespanne gekies is. Elné Gouws (links): Boland Barlinka-span “non-travelling reserve”. Paul Haumann (middel): Boland barlinka-span asook die PSI-Binnenshuise hokkiepsan. Zani Boezaart (resgs): o.13A-Bolandspan Hulle gaan gedurende Julie aan toernooie deelneem.

Swem: Arné Dreyer het gedurende April, die Wes-Kaap provinsie, by die SA Skole kampioenskappe in Durban verteenwoordig. Sy het ‘n 4de plek in die 50m borsslag en ‘n 7de plek in die 100m borsslag behaal. Dit was ‘n wonderlike ervaring, pragtige stadion en ‘n ongelooflike voorreg vir haar om op hierdie vlak deel te neem.
Wes-Kaap Netbal: Nevaeh Visagie (Graad 6) is vir die o.12 Wes-Kaap Netbalspan gekies wat gedurende die Junie-vakansie in Boksburg plaasvind.
Boland Netbal: Mila-Mari Bolz, Mia Meyburgh en Christi Kriel is in die o.12 Boland Netbalspan opgeneem. Lizé Buys en Celeste Boucher is vir die o.13 Boland Netbalspan gekies. Hierdie dogters neem 2 tot 5 Julie in Riversdal aan die Interdistrik toernooi deel.












