Hoër Volkskool het kragte gemeet teen Hoërskool Cradock
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het Volkskool kragte gemeet teen Hoërskool Cradock op ons tuisgronde. Hierdie is ‘n jarelange tradisie wat steeds met ‘n goeie gees op, en van die veld af, plaasvind. Vrydagmiddag het Cradock se hokkieseunsspan na Graaff-Reinet gereis en ‘n wedstryd gespeel teen die Volkskool onderwysers. Die Volkskool onderwysers het opgedaag en gehoop vir die beste. Ongelukkig was Cradock se seuns goed afgerig en het met uitmuntende spel as wenners uit die stryd getree. Die jong en fikse seuns wen die wedstryd gemaklik 5 – 1. Daar was wel baie pret aan die dag! Die onderwysers daag die span weer uit vir volgende jaar. Na die week se stormsterkte winde, was Saterdag se weer perfek vir die geleentheid. Volkskool het gemengde uitslae behaal maar ons is oor die algemeen baie trots op ons sportmanne en -vroue. Die tellings is as volg:
Netbal (Volkskool tellings eerste)
- 0.16A speel hul eerste wedstryd teen CHS se 0.19B span en verloor ongelukkig 13 – 19.
- Die 0.14A =span het ‘n moedige stryd geveg en wen 24-15
- HVS se 0.15A-span speel teen CHS se o.16B-span en wen die wedstryd 15 – 13.
- Die o.16B-span het ‘n lekker gelyk wedstryd en kon daarin slaag om 17 – 15 te wen.
- Die o.16 A-span, het in hul tweede wedsdtryd teen hul ware oppnonente te staan gekom en moes ongelukkig die knie buig met ‘n telling van 13 – 22.
Die eerstespan het nooit gaan lê nie en het soos ware Volksies tot aan die einde geveg. Ongelukkig was Cradock sterker en verloor ons die wedstryd 20 – 32. Op die hokkieveld het die goed gegaan.:
- Die o.16 B-span kon net nie deurkom nie en verloor die wedstryd 0 – 1.
- Die o.16A-span speel ‘n baie geoie wedstryd en wen oortuigend 4 – 0.
Die eerstespan het ook ‘n baie gelyk wedstryd gehad en Anishka Luiters kon daarin slaag om die wendoel aan te teken. Volkskool wen dus die wedstryd 1 – 0. By die rugby het die seuns hul harte uitgespeel. :
- o.14 speel goeie rugby en wen 31 – 24.
- Die o.15’s speel gelyk met ‘n telling van 15 – 15.
- Die o.16’s het ‘n baie goeie wedstryd gehad en wen hul wedstryd 24 – 5.
- Die tweede span het swaar gekry en verloor ongelukkig 5 – 15.
Die eerstespan het ‘n indrukwekkende wedstryd gehad en Volkskool kon binne die eerste 7 minute van die wedstryd ‘n drie druk. Dit het Cradock se span bietjie onkant gevang. Die eindtelling weerspieël ‘n baie goeie poging van Hoër Volkskool se span. Ons wen die wedstryd 27 – 5. Drieë is gedruk deur Ashwill Swartz, Zak Wolfaardt en A.J. de Jager. Die skopwerk is gedoen deur A.J. de Jager en Elrico Prins. Volgende week speel ons teen Gill College te Somerset-Oos.
![]()










