Hoërskool Louis Trichardt leerders word as Limpopo fietsry kampioene gekroon
ADVERTISEMENT
Hoërskool Louis Trichardt het die fietsry-seisoen op ‘n hoë noot by Tour de Lake te Stanford College as liga-wenners afgesluit, 8 van ons fietsryers word in die Limpopo-span opgeneem. Hartlik geluk aan:
- Nicholas Archer
- Peroux du Preez
- Mijanke Venter
- Amelia Scheepers
- Brendan Bruce
- Nduvho Mudugwe
- Jacques du Preez
- Mieke Veldman
Ons bedank graag ons wonderlike afrigters, Adriaan Moulder, Johan van Dijkhorst, Jernay McLeod en Odette Moulder – julle is TOPS! Ons kan ook nie anders as om vir Stanley Thompson in besonder te bedank vir alles wat hy vir fietsry en ons kinders beteken nie – baie dankie. Limpopo Schools Cycling en jul hele bestuur, ons waardeer jul harde werk en gesindheid opreg! Nicola van Heerden.





















