Hoërskool Langenhoven presteer by die Eden-swemkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Jani du Plessis en Leonora Roeleveld van Hoërskool Langenhoven het 8 Maart deelgeneem aan die Eden-swemkampioenskappe – Junior swemliga 0/14 dogters. Baie geluk aan beide swemmers met jul prestasies. Jani het 2de plek in ses afdelings verower asook ‘n gesamentlike 1ste plek vir die spanaflos. Leonora het 3de plek in twee afdelings behaal. Ons is trots op julle!!
![]()










