Hoërskool Hans Strijdom Prysuitdeling 2022
ADVERTISEMENT
Hoërskool Hans Strijdom Prysuitdeling 2022.
Leerling van die jaar: Janco van der Walt
Mnr de Jager oorhandig aan Janco sy trofee.
Kultuurleerling van die jaar (Ekstern): Caitlyn Hunter
Mnr Pretorius van die Beheerliggaam doen die oorhandiging
Kultuurleerling van die jaar (Intern): Reuben van der Wal
Mnr Kruger van die Beheerliggaam doen die oorhandigging
Sportleerling van die jaar (Ekstern): Baotla Sekgololo
Mnr Swart van die Beheerliggaam neem die oorhandiging waar.
Sportleerling van die jaar (Intern): Cara Louw
Mnr van Heerden, Adjunkhoof Sport, doen die oorhandiging.
Veelsydige deelname aan buitemuurse aktiwiteite: Senior seun Janco van der Walt
Veelsydige deelname aan buitemuurse aktiwiteite: Senior Dogter Isebelle de Beer
Veelsydige deelname aan buitemuurse aktiwiteite: Junior seun Reuben van der Wal, mnr Louw, Beheerliggaamvoorsitter oorhandig die trofee aan Reuben.
Uitsonderlike diens aan Leatitia koshuis: Ir-Marie Joubert, me Pienaar Koshuismoeder oorhandig aan haar die trofee.
Uitsonderlike diens aan Sekelbos koshuis: Frikkie Geyser, mnr van Heerden Koshuisvader oorhandig aan hom die trofee.
Janco van der Walt ontvang die “Orde van die Leeu” – toekenning wat gaan aan die leerder wat meer as sy deel vir die skool gedoen het, van graad 8 – graad 12, selfs agter die skerms waar niemand dit sien nie.










