Hoërskool Grens-leerder behaal nasionale veerpyltjiespan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Grens-leerder Deacon Swanepoel was deel van die span wat die Oos-Kaap van 10 tot 14 Julie 2023 tydens die Nasionale Veerpyltjiekampioenskappe in Port Edward verteenwoordig het. Deacon behaal die derde plek in die Juniorafdeling en is tot die nasionale span wat in Zambië gaan deelneem verkies. Hy en sy spanmaat verwerf die eerste plek in die gemengde dubbels. Hiervoor ontvang hulle goud en deel ‘n trofee.
![]()









