Hoërskool Garsfontein stel ‘n nuwe Hokkie Direkteur aan vir 2024
ADVERTISEMENT
Garsfontein Hoërskool stel nuwe seuns Hokkie Direkteur aan
Ons is uiters opgewonde om Steven Paulo vanaf Januarie 2024 by Hoërskool Garsfontein te verwelkom. Steven is reeds vir 2 seisoene ‘n deel van die Garsies-hokkie en het die seuns 0/16-span met uitnemendheid afgerig. Die 0/16-span het die 2023-seisoen as die nommer 1-span in Suid-Afrika afgesluit en was onoorwonne in die Pretoria-streek. Steven se hokkie-vaardighede het ‘n indrukwekkende prestasie op alle vlakke en hy bring ryk internasionale ervaring saam met hom.
Feite oor Steven Paola:
- Verteenwoordig Suid-Afrika 19 keer in binnenshuise hokkie.
- 19 doele vir Suid-Afrika.
- Top doelskieter in die onlangse Suid-Afrikaanse binneshuise Sultan Nazrin Shah-toernooi in Maleisië.
- Lid van die wêreld binnenshuise hokkiespan 2023.
- Lid van die binnenshuise Afrika-bekerkampioenskapspan 2021.
- Verteenwoordig die Northern Blues span vir verskeie jare.
- ‘n Goue medaljewenner saam met die Tuks Varsitybeker-span.
- Speel vir Oxted in Engeland om sy internasionale ervaring uit te brei.
Garsies Hokkie verwelkom Steven Paulo hartlik by ons span en wens hom alle sterkte toe in sy nuwe rol. Ons neem afskeid van ons huidige Seunshokkiedirekteur, Nick Bèrichon, aan die einde van 2023. Hy het Hoërskool Garsfontein vir die afgelope 6 seisoene voortreflik gelei. Nick het alles met onderskeiding hanteer, en ons wens hom alle sterkte toe by Michaelhouse.
Steven Paulo hokkieveld










