Hoërskool Framesby tweekamp eindig 3rde in Top Skole
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Framesby-Tweekamp atlete het briljant presteer tydens die Highgate Interprovinsiale Tweekamp kampioenskappe in Oudtshoorn die afgelope naweek. Die atlete het gesorg dat Hoërskool Framesby ‘n derde plek behaal het in die skole kompetisie teen die beste skole van die OP, SWD, Boland en die WP, waaronder Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Outeniqua. Ons is voorwaar trots op hulle. Die individuele prestasies is as volg:
6e – Minette van Zyl, Dogters o.15
7e – Elmé Vermaak, Dogters o.17
9e – Mari Geissler, Dogters o.17
13e – Luka Bessinger, Seuns o.17
14e – Christiaan Theron, Seuns o.15
14e – Zané Jubber, Dogters o.19
16e – Janco Faber, Seuns o.17
16e – Tanya Boshoff, Dogters o.19
17e – Kylie Klaasen, Dogters o.17
18e – Zia Ferreira, Dogters o.17
Top 3 skole
1. Hoërskool Durbanville
2. Hoërskool Outeniqua
3. Hoërskool Framesby
Meer as 540 atlete het van 7 provinsies deelgeneem.















