Hoërskool Framesby oudleerders presteer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan oudskoliere Karla Scheer en Megan Tait met hul toekennings. Julle maak Hoërskool Framesby verskriklik trots! Karla Scheffer: Die top akademiese presteerder vir voortreflike akademiese prestasie toegeken deur die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe as die Top Akademiese Presteerder vir 2024 in BSc Fisioterapie.
Megan Tait: Ek het onlangs aan die universiteit van Stellenbosch gegradueer en met baie genade van Bo (en BAIE slapelose nagte, lang ure se swot en ongelooflik hoeveelhede gebede van my ouers se kant af) het ek dit reggekry om hierdie graad, wat al van kleintyd af ‘n groot groot droom is, cum laude met 10 onderskeidings te slaag. Ek kon toe gelukkig ook die vakpryse (beste prestasie vir hierdie twee dissiplines uit ’n klas van oor die 200 studente) vir beide Oftalmologie en Chirurgie verower. Alles net genade. Ek leef die droom!












