Laerskool Gene Louw bergfietsryers laat wiel
ADVERTISEMENT
Die nuutgevestigde bergfietsryspan van Laerskool Gene Louw is verlede naweek by Century City in Kaapstad as die wenners van die Cycle 2 Ride-skoleliga aangewys. Hou hierdie dinamiese groep leerders dop – almal is baie opgewonde oor hul vooruitsigte!
Die bergfietsryspan van Laerskool Gene Louw spog met hul Cycle 2 Ride-skoleligatrofee en -medaljes.









