Hoërskool Volksrust bergfietsryer wen goud by Sabie Xperience Lite
ADVERTISEMENT
Danél de Jager, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Volksrust, het van 1 tot 3 Mei aan die Sabie Xperience Lite 2025 deelgeneem – ‘n uitdagende drie-dag solo bergfiets-uitdaging in Mpumalanga. Sy het besluit om in die Solo Female-kategorie deel te neem, alhoewel deelnemers ook as spanne kon inskryf.
Met ‘n algehele afstand van 120 km en ‘n indrukwekkende totale hoogtestyging van 2250 meter, het Danél elke dag se wedren gewen én as algehele wenner van die Solo Vroue-kategorie uit die stryd getree.
- Dag 1: 43 km | 800 m styg |
- Dag 2: 45 km | 850 m styg |
- Dag 3: 32 km | 600 m styg |
Ons is ongelooflik trots op Danél se deursettingsvermoë en haar volgehoue prestasie op die fiets. Sy bewys keer op keer dat toewyding en harde werk vrugte afwerp. Baie geluk, Danél!












