Hoërskool Framesby leerder maak haar debuut op die kassie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby is baie trots op Anneqwa Witbooi wat in 2022 gekies is om aan die Speeltoneel kort film projek deel te
neem. Sy is gementor deur Je Ani Swiegelaar, bekend as Naomi in Binnelanders. Haar kortfilm ‘April Fool’ is in Februarie geskiet
en Anneqwa het Saterdag, 17 Junie om 8:30 haar debuut as Desiree op Kanaal 138 gemaak. Hou gerus hierdie jong aktrise
van ons dop.
![]()










