’n Goue Hart Agter die Pienk Truie van Hoërskool Diamantveld
ADVERTISEMENT
Hoërskool Diamantveld is ongelooflik trots op hulle 1ste rugbyspan wat vanjaar nie net op die veld uitgestaan het nie, maar ook ’n reuseverskil buite die veld gemaak het. Deur hul inisiatief en toewyding het die span ’n fantastiese bedrag van R26 500 ingesamel vir CANSA, ’n bewys dat ware kampioene nie net wedstryde wen nie, maar ook harte aanraak. Vir die eerste keer in die geskiedenis het ons 1ste span met spesiale pienk truie uitgedraf, ’n simbool van ondersteuning vir mense wat teen kanker veg, en ’n herinnering aan hoop, moed en eenheid. Hierdie besonderse oomblik sal vir lank onthou word, want pienk truie op die rugbyveld gebeur dalk net een keer in ’n leeftyd! Baie dankie aan elke speler, afrigter, ondersteuner en borg wat hierdie projek moontlik gemaak het. Julle wys vir ons wat dit beteken om met trots, passie en ’n groot hart te speel.










